Die pret begin om 09:00 op 18 September 2010 by Nikalandershoek, Patensie.
Die kaartjies se koste beloop R100 per voertuig. Jy ontvang 'n lêer wat oa bevat: jou roete aanwysings, inligtingstuk, brosjure, ens.
Vul jou eet en drinkgoed aan by die kiosk, sodat die grondpad se stof nie te erg word nie!!! Middagete kaartjies teen R50 is beskikbaar. Ander verversings is ook te koop.
Daar is 8 stoppunte waar julle punte moet insamel om 'n finale wenner vir die dag te kan kry. Die vrae sal jul help om meer van die Gamtoosvallei en Patensie te wete te kom, sodat jul Gamtoos Toerisme se opsies beter kan benut. En boonop is daar HOPE PRYSE te wen!!!!