Nuwe Padlangs

Nuwe Padlangs

24th March 2016

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Padlangs binnekort na ‘n nuwe perseel verhuis.  Slegs 500m met die pad af.  Kontruksie begin in Mei en ons beplan om in die Lente ons nuwe deure te open met Padlangs se 10de verjaarsdag.  Die nuwe gebou is ‘n ou plaashuis met ‘n ruim stoep en uitsig oor ons mooi Vallei se sitrusboorde en berge.  Die verhuising bring talle nuwe toevoegings wat Padlangs net nog beter sal maak.  ‘n Reuse grasperk met klimrame, pophuise en waterblad (splashpad) asook ‘n binneshuise speelarea sal nie net die kinders vermaak nie maar beslis vir mamma en pappa toelaat om ware plattelandse gasvryheid in vrede te geniet.

‘n privaat Konferensielokaal vir besigheidsetes sal ook beskikbaar wees.  ‘n Kaggel vir die koue wintersdae en lugversoring vir die bloedige somersdae is maar net twee aspekte wat die nuwe Padlangs soveel beter sal maak.

Spesiale parkering vir fietse en motorfietse asook hakke vir baadjies en valhelms is beslis iets om na uit te sien.  Genoeg veilige parkering sal ook beskikbaar wees vir voertuie met waentjies en karavane.

Ons sien uit om in ons splinternuwe kombuis steeds die lekkerste geregte voor te berei.

Die Padlangs wat jy ken…net BAIE beter!

Photos

nuwe_padlangs_1st_sketse.jpg
nuwe_padlangs_1st_sketse_2.jpg

© Gamtoos Tourism - 2016 | Links | Nuwe Padlangs

Website Design, Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting