Hengel Kompetisie

Go Back

Date: Thursday, 19th August 2021 to Saturday, 15th January 2022

Laaste hengeldag: 14 Januarie 2022  -  Prysuitdeling: 15 Januarie 2022

Daar mag gehengel word tussen Sondagriviermond en Stormsriviermond. Diepsee-, rivier- en strandhengel is toelaatbaar.

Pryskategorieë:

Seniors: Langste Kabeljou: 1ste, 2de, 3de plek. Langste ander vis: 1ste, 2de, 3de plek. (enige eetbare spesie vis)

Juniors: Langste ander vis: 1ste, 2de, 3de plek. (enige eetbare spesie vis) Juniors mag hul vis inweeg onder die senior kategorie.

GEEN STROOMVISSE (Bv. Tunas en Marlyn) nie. ELKE VIS WAT INGESKRYF WORD MOET WEER VRYGELAAT WORD. GEEN VISSE WAT GEHOU WORD NIE!

Die prosedure is as volg:

  • Neem ‘n foto van jou maatband terwyl jy die vis meet.
  • Jou inskrywingsnommer moet ook sigbaar wees op die foto.
  • Neem ‘n kort video van die vrylating.
  • Plaas die foto en die video op die Whatsapp groep.

Inskrywingsfooi: R500

Dit sluit in : ‘n Ete tydens die prysuitdeling en ‘n Drymac hengelhemp.

Skryf in by Ripple Hill Hotel of doen ‘n EFT inbetaling.

  • Gamtoos Visvang
  • Absa Spaarrekening
  • Rekno: 9360603098
  • Takkode: 632005
  • Gebruik asb. jou naam en hemp grootte as VERWYSING indien jy n rekening inbetaling doen.

Jou kompetisienommer kan by die Hotel afgehaal word.

Op twee Saterdae (daar is nog nie op spesifieke datums besluit nie), sal vangste NIE vrygelaat word nie (bly asb net by die korrekte kwotas!)

Hierdie visse word Hotel toe geneem waar dit skoongemaak en verpak sal word as skenkings aan twee ouetehuise: Ons Tuiste, Humansdorp en Jeffreysrus. ONHOU OOK NET ASB INDIEN JY ‘N VIS WIL INWEEG MOET HY NOGSTEEDS RELEASE WORD EN MAG JY HOM DUS NIE SKENK AAN DIE OUETEHUIS NIE.

Kontak

John Moore
083 233 7713