Geskienis van die Laerskool Gamtoosvallei

Go Back

Friday, 18th May 2018

Die jare 1880 was mej. Martha Zondagh onderwyseres van Patentie, (later verander na Patensie) plaasskool, gelee op die plaas van mnr. Georg F. Rautenbach (Basie), huidiglik die eiendom van mnr. Espie Ferreira. 

Die dertigerjare was swaar depressiejare, gevolg met ewe moeilike jare deur die Tweede Wereldoorlog wat aangehou het tot in die veertigerjare. Alhoewel dit finansieel baie swaar gegaan het, het die ouers waar moontlik toegesien dat hul kinders skoolopleiding ontvang. 

Op ‘n tydstip was daar dertig klein skooltjies in die Gamtoosvallei waarvan sommige huisskooltjies was, waar kinders onderrig ontvang het tot st. 6. Ouers moes op eie koste hul kinders van Humansdorpkoshuis en –skool vervoer vir hul Hoerskool opleiding. Sommige ouers het hul kinders na ander dorpe geneem waar hulle aan Landbou- en Tegniese skole kon studier.

Later was die department van onderwys ten gunste van groter effektiewe skole. Dit was baie belangrik, veral in die uitgestrekte Gamtoosvallei. Ouers wat 3 myl en verder vanaf skole woonagtig was kon aansoek doen by die department van onderwys vir vervoer van hul kinders. Vir hierdie doel het die staat dan die ouers gehelp met die koop van ‘n donkiekar en twee donkies.

Swaar reen, veral in die Karoo-Grootrivier opvangsgebied asook in die Langkloof-Kougarivier opvangsgebied, het veroorsaak dat die gamtoosrivier die 1ste Januarie 1932 sy walle oorstroom. Die verwoestende vloedwater het verskeie woonhuise en ander geboue, asook die dubbelverdiepinghuis naby die ou skool, wat al jare die woonhuis vna die skoolhoof was, inmekaar laat tuimel.

Die vloedwater het vyf voet hoog deur die skoolgebou gevloei, maar gelukkig het die gebou bly staan. Aangesien die pleister van die mure die hoogte van die vloedmerk afgeval het en oorgepleister is, was die vloedwatermerk deur die jare duidelik sigbaar. Aangesien die vloedwater gedurende die skoolvakansie was, kon daar min gedoen word om dokumente, boeke, ens. te red.

Bywoningsregisters vanaf 1903 was so erg beskadig deur die modderwater dat groot gedeeltes onleesbaar was, sommige rekords het verlore geraak. Gelukkig het die eerste Departementele register ongeskonde behoue gebly.

Laerskool Gamtoosvallei - 1903 tot nou.

Die oudste beskikbare rekord van die skool is te vinde in ‘n “Register of admission and Withdrawal” waar die eerste inskrywing op 20 April 1903 die van Ignatius L. Rautenbach is wat tot st. 7 toegelaat was. Altesaam 50 leerlinge is ingeskryf tot klasse wat wissel van sub. A tot st.7 op daardie datum.

Daar kan dus met ‘n redelike mate van sekerheid aanvaar word dat die stigtingsdatum van die skool 20 April 1903 is. Op 20 julie 1903 is ‘n verdure 8 leerlinge ingeskryf en op 5 Augustus 1903 nog 3 leerlinge. Hierdie leerlinge is skynbaar van ‘n ander skool af oorgeplaas.

Hierdie besonderhede is aangeteken in ‘n pragtige handskrif wat vermoedelik dié van die eerste hoof, mnr. John Clarke is. Die naam van die skool Patensie East met ‘n AIII status. Die korrespondent was Cornelius Rademeyer van Patensie. ‘n Mooi foto van die Clarke-gesin is beskikbaar. Drie van mnr. Clarke se dogters, Theresa, Marjorie en frances is op 20 April 1903 toegelaat tot st.5 en st.3 onderskeidelik en John Clarke is op 10 Oktober 1904 tot st.1 toegelaat. Die laaste inskrywing in die handskrif van meneer Clarke was op 16 Julie 1906. Daarna volg inskrywings eers weer op 8 April 1907 in die handskrif van mnr. R.W Pettit wat skynbaar vanaf daardie datum hoof van die skool geword het.

Hierdie skoolgebou was geleë op die eiendom van mnr. E.D. Ferreira en daar naby was ‘n dubbelverdiepinghuis wat as woning vir die skoolhoof gedien het. Hierdie woning het ineengetuimel tydens die vloed van 1932.

Op September 1903 het mnr. A.B Bartman inspeksie gedoen en weer op Augustus 1905. Die rekords van 1905 tot 1909 is nie te vinde nie en het in alle waarskynlikheid verlore gegaan as gevolg van twee vloede wat die skool elke keer tot drie voet onder water gelaat het.

Op 10 Augustus 1911 was daar weer ‘n inspeksie en die rapport lui onder andere as volg:

“It is very evident that the teacher who has just left had lost heart in his work…..”

Dan is daar weer ‘n gaping tot 1914 toe daar weer op 15 Junie 1914 ‘n inspeksierapport uitgebring is. ‘n Interessante paragraaf lui as volg: “In In question od classifuication the teacher should be guided by his knowledge of the pupils’ capabilities and should not allow himself to be influenced by the wishes or threats of parents”.

Op 9 Junie 1915 verskyn daar vie die eerste keer ‘n inspeksierapport in Afrikaans of liewer Hollands. Die inspeksierapport, weereens in Hollands, van 20 Junie 1916 word sterk beïnvloed deur die vloed van daardie jaar toe die Gamtoos drie voer diep deur die skoolgebou gevloei het en daar vir drie weke geen “school gehouden word”. Die boeke dra die letsels van die vloed.

In April 1917 word mnr. W.J du Toit hoof van die skool, ‘n pos wat hy tot by sy uittrede in Desember 1943 vul. Van nou af is die rekords in goeie orde. Alle inspeksierapporte dui op goeie werk gedaan. Omstandighede was nie altyd gunstig nie soos blyk uit die volgende: “Die school terrain staan geheel open voor ronddolende vee, terwyl die twee buitengemakke zonder deuren, en, in’t algemeen, in een onbevredigend toestand zijn”.

Die bywoningsregister vanaf 1904 het beslis onder die water deurgeloop en in die begin van 1932 het ‘n groot vloed die valley weer getref. Omdat dit gedurende die vakansie gebeur het, het daar vermoedelik van die rekords verlore gegaan.

Dit skyn asof ene mnr. Pienaar die hoof en enigste onderwyser van die skool was totdat mnr. W.J du Toit hoof geword het. Saam met hom was mej. De klerk onderwyseres van die skool.

In Januarie 1944 word mnr. K.H Lamprecht hoof en word hy in Julie 1946 opgevolg deur mnr. H.L.F Koch, tans inspekteur van onderwys met staanplek Port Elizabeth.

Gedurende die hoofskap van mnr. Koch is die status van die skool verhoog tot die van ‘n Middelbare skool vanaf Januarie 1952. In Junie 1960 vertrek mnr. Koch na Nababeep en neem mnr. A. van Z.Brönn was as hoof tot Desember 1960.

In Januarie 1961 word mnr. J.J Visser, tans streekhoofinspekteur van Onderwys in Port Elizabeth, hoof en in Junie 1962 vertrek hy na Clanwilliam. In Oktober 1962 word mnr. F.A Koen, tans inspekteur van kleurlingonderwys, hoof en word hy in Julie 1964 opgevolg deur mnr. J. van N. Joubert wat amptelik op 30 Junie 1979 aftree maar in tydelike hoedanigheid aanbly as hoof tot Desember 1979. Vanaf Januarie 1980 sal mnr. W.H van der Westhuizen hoof van die skool wees.

© Gamtoos Tourism - 2024 | Links | List / Manage Your Business | Geskienis van die Laerskool Gamtoosvallei

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting